Wat ‘n “challenge” om twee babatjies op een oggend af te neem en dit sonder geen groot glipsies nie – behalwe vir Nicolien se sheepskin, oops! Met babas neem fotos altyd baie langer en jy as fotograaf is heeltemal afhanklik van hulle bui… Nou dat ek self ook ‘n mamma is geniet ek die neem van baba fotos soveel meer en ek weet hoe spesiaal dit is, want daardie fotos gaan vir jare nog gebêre word.
Gelukkig was hierdie twee super oulik en baie soet, regtig! Hulle mammas was ewe geduldig en dankie tog ons kon sulke mooi fotos van die twee kry – alles in ‘n paar uur!
Ai Nicolien (Joshua se mamma), jy het al die pad van die Kaap af gery om fotos te kom neem en toe wil Joshua niks lag nie! Daar is darem ‘n hele paar mooies waar die mannetjie baie diep denkend vir die kamera kyk! Ai tog, so is dit mos met die babas – hulle is baas as dit by die tipe dinge kom! Hy is regtig ougat en jy het bewys ‘n mens kan seuntjies ook oulik aantrek! Om nie te praat van daardie mooiste blou oggies nie!!!
Dankie Renda (Lisa se mamma), jou huis is beautiful ek hoop jy maak sommer ‘n klomp canvass prints vir jou mure van pragtige Lisa!
Kan nie wag vir die somer nie dan neem ons hulle twee weer af – die keer op ‘n mooi plaas buite die dorp en dan kruip hulle seker al die hele wêreld vol hahaha!
Dankie vir julle ondersteuning! Lindy XXX
Continue Reading »