Ek was so opgewonde oor die fotos ek kon nie tot more wag om ‘n paar van die heel mooistes op te laai nie!
Ek hoop en bid al van Vrydag af dat die nie vandag sou reën nie, omdat ons die shoot alreeds moes uitstel nadat Herman se verstandtande vroeër uitgehaal is en hy toe in ICU daarna beland het…
En toe … is dit een van daardie London dae wat dit net die heeltyd aanhoudend reën, maar ek het net ‘n goeie gevoel gehad dat dit sou ophou as ons by daardie ongelooflike mooi bloeiselboorde kom! Hoe lank wag ek nie al om in ‘n spierwit bloeiselboord fotos te neem nie! Wys jou wat kan positiewe denke vermag.
Die reën het mooi gehou en ons kon selfs so paar fotos in die dorp ook kry - ek LOVE die rooi Coca-Cola agtergrond… Kyk net hoe HAPPY lyk julle op al die fotos!!!
Dinah en Herman ek hoop julle bly altyd so verlief – julle pas perfek bymekkaar – alles wat mooi is vir julle toekoms saam!









WOW!!! Lindy baie baie dankie, dit is So mooi!!! Jy het vir ons so mooi vasgevang! Dankie dat jy ons so gemaklik laat voel het, so “pose” vir die kamera is maar nog volksvreemd vir ons tweetjies…goeie oefening vir die troue
Ek is klaar besig om jou hier by die kantoor te bemark haha
xxx
Stunning fotos! Die bloeisels is so mooi!
Dit is die mooiste foto’s wat jy nog geneem het!!! Die twee mooi gesiggies het definitief ook ‘n deel maar dit is stunning!!!!!x
BAIE goeie werk Lindy, regtig mooi! Dinah – julle twee is pragtig!
Dis regtig baie nice fotos!! Love die coca cola muur… iets anders
Oh, and very much in love né
Stunning fotos Lindy! Dina julle is tog te mooi
Baie baie mooi en lekker fotos.. selfs herman lyk heel aantreklik! Lindy, baie mooi!
Absolutely Stunning….
Olalala, pragtige fotos. Herman impress my en dina, so pragtig soos altyd!
Dit is beautiful…wow!
So bly ek kon die foto’s sien. Volpunte!!!!
Goeie genade – julle is absoluut beeldskoon en die foto’s so mooi!
Die fotos is stunning Lindy! Dinah en Herman baie geluk!!