4

Lene en Stef pregnancy shoot, Stellenbosch – 39 Weeks and counting!

Posted July, 2011 in Baby Bumps & Family, Blog, People, Portfolio by Lindy

Wat ‘n awesome couple!

‘n Klomp van Lene se vriendinne het almal saam ‘n geldjie bygesit en vir haar die fotosessie as ‘n geskenk gegee, baie oulike idee julle ek hoop julle hou ook van die fotos!

Ek kon nie vir ‘n beter winters dag gevra het nie – bietjie bewolk, maar glad nie eers ‘n bietjie koud nie. Omdat Lene al so naby haar tyd is (ek dink sy het minders as ‘n week oor dan is sy 40 weke swanger) het ek deurgery na haar toe en het ons op die mooiste plekkie afgekom naby die De Zalze Landgoed buite Stellenbosch.

Hulle hondjie Milla was ook heel opgewonde en is selfs op van die fotos sy is baie oulik, al moes Stef so paar keer agter haar aan hardloop toe sy die koeie wou jaag – sy is mos immers van ‘n plaas in die Karoo waar sy die baas is!

Lene en Stef is so verlief ek kon nie anders as om mooi fotos van julle (en natuurlik die boepie) te neem nie!

Lene jy lyk super HOT vir iemand wat al klaar 39 weke swanger is, Stef jy is ‘n lucky ou huh?

Ek hoop sy kom gou sodat julle uiteindelik kan sien hoe sy lyk en haar huistoe kan vat.

Stef en Lene boer op ‘n plaas naby De Aar en bly by vir tyd en wyl by haar ouers op Stellenbosch todat “dit sulke tyd” is…

Geniet die fotos julle!

Lindy XXX

4 Responses to “Lene en Stef pregnancy shoot, Stellenbosch – 39 Weeks and counting!”

  1. Adri Downing says:

    Pragtige foto’s!!Sy lyk so mooi.

  2. Lene van den Heever says:

    Baie dankie Lindy! Dit was baie pret gewees en ons waardeer dit super baie! Sien jou weer vir 6 weke shoot!

  3. Julia van den Heever says:

    Lenni en Steph – kannie wag vir Helen se koms nie, julle lyk albei so gelukkig en met sulke oulike ouers sal ons haar maar moet weghou van die outjies…..Jules en H

  4. Dinah says:

    ONGELOOFLIK Mooi en julle lyk net so verlief soos op julle troudag :-)
    Kan nie wag om vir Helen te onmoet nie…

Leave a Reply