Marele is self ‘n fotograaf (‘n baie goeie en bekende ene) en toe sy my vra om haar en haar man Louis af te neem om hulle eerste trouherdenking te vier was ek baie bly en bang terselftertyd!
Ons het die fotos geneem in Langebaan waar hulle ook ‘n jaar gelede getrou het, hulle bly nou in California (Amerika) waar haar man nou werk.
Marele vir ‘n fotograaf is jy super gemaklik voor die kamera ek kon dit amper nie glo nie! Dit het gevoel of ek ‘n “regte” troue af neem, julle lyk dan nog net so verlief (dalk nog meer verlief) as ‘n couple op hul troudag!
Hierdie was een van my heel lekkerste shoots nog, ons het vir twee ure lank rondgespeel op die strand om te wag vir die perfekte lig… En WOW ek dink hierdie is van my mooiste fotos nog!
Marele ek hoop jy en Louis hou ook daarvan!
Geniet julle kuiertjie verder in Suid-Afrika… XXX









Thanks Lindy, Ons Love dit! Well done
Mag jou volgende shoots net lekkerder en beter raak! Dankie dat jy weskus toe gekom het! xx
Pragtige foto’s!! Mal oor haar rok en die “close-up” foto’s. Baie, baie mooi!!!!
Beautiful fototjies van ‘n stunning mooi couple!!!! Jou fotos is regtig STUNNING vriendin!!! ♥